Die Hoekoms – Adam Tas (Official Music Video)

Thanks! Share it with your friends!

Close

This is the official music video for “Die Hoekoms” by Adam Tas
???? Follow the link to stream or download this song: https://distrokid.com/hyperfollow/adamtas/die-hoekoms

Written & Composed by – Sunette Bridges
Vocal recording & Instrumental Production – Christie Schutte – StarTrax Studios
Acoustic Guitar – Adam Tas
Executive Producer – Sunette Bridges
Mastering – Wium Roets
Final production in the Rivers & Bridges Music Studio, USA
Music Video – ATLS Media

DIE HOEKOMS
Daar staan ‘n ou plaashuis onder die Bloekoms
Toegegroei vervalle eensaam en verlaat
Die naambord lê al lankal op die grond
En al wat nog hier bly is die hoekoms

Die windpomp draai al lankal nie meer nie
En die rolbos hou die drade aan mekaar
‘n Uil sit op die huis se dak en waghou
Oor die stilte en die seer wat daar baljaar

Net nou die dag het ek nog hier kom kuier
En was die gange vol van liefde en van lag
Maar nou is selfs die pad na die voorstoep toegegroei
Hoekom Here, wanneer stop dit, ons het genoeg gebloei

En hoekom moes my Oupa en my Ouma
So duur betaal het vir hul liefde van die grond
En wat is die gewin noudat hulle nie meer hier is
Waar die mielies eens gestaan het
Die lammers rond baljaar het
Al die kleinkinders verjaar het
En ons elke jaar mekaar weer styf kon druk
Hoekom is dit alles stil geruk

Ek ry verby die plaashek maak ek stop nie
Ek draai nie af op die ou bekende pad
Want alles wat ek liefhet van die ou verlate huis
Is weggeruk in ‘n enkel donker nag

Net nou die dag het ek nog hier kom kuier
En was die gange vol van liefde en van lag
Maar nou is selfs die pad na die voorstoep toegegroei
Hoekom Here, wanneer stop dit, ons het genoeg gebloei

En hoekom moes my Oupa en my Ouma
So duur betaal het vir hul liefde van die grond
En wat is die gewin noudat hulle nie meer hier is
Waar die mielies eens gestaan het
Die lammers rond baljaar het
Al die kleinkinders verjaar het
En ons elke jaar mekaar weer styf kon druk
Hoekom is dit alles stil geruk

???? More Information:
This is an official music video from Rivers and Bridges Music. Stormloop is a collection of Afrikaans songs created to honor the 100-year milestone of Afrikaans as an official language, written and produced by Sunette Bridges.

css.php