Die Amptelike Video vir Jy speel met vuur – Lianie May
Volg hierdie skakel om “Jy Speel Met Vuur” op stromingsplatvorms af te laai: https://lianiemay.hearnow.com/jy-speel-met-vuur
Geskryf en Gekomponeer – Sunette Bridges
Dromme en Kitare – Wium Roets
Produksie en Klankingenieur – Wium Roets
Stemopnames – Rian Swanepoel by RS Studios
Uitvoerende Vervaardiger – Sunette Bridges
Vervaardig in die Rivers & Bridges Musiekateljee, VSA
Musiekvideo – ETG Creative
Hare & Grimering – Michelle
Akteur – Paul Stunthorn
Jy weet ek gaan jou hart breek
Want myne is flenter
Ek gaan oornag verdwyn
Want dit is my slenter
Jy weet ek gaan jou seer maak
En ek is gepantser
Ek dryf op die oop see
Sonder ‘n anker
Jy ken my repustasie
Jy ken my verlede
Maar jy weet niks van my verhaal nie
En hoor nooit my gebede
Jy sien net wat jy wil sien
Maar ek is diesolien
Dinamiet en parafien
En jy speel met vuur
Ja jy speel met vuur
Maar jy sê jy’s nie bang nie en ek kan wegloop as ek wil
Jy wil my nie vang nie, so as ek hardloop staan jy stil
En jy sê jy is vuurbestand en steek dan uit jou hand
Toe ek dit vat toe voel ek vrede al is die wêreld aan die brand
So nou speel ek en jy die spel vir solank jy dit verduur
Maar ek het jou reeds gewaarsku, jy speel met vuur
Jy weet dit is gevaarlik
Om in die vlamme rond te dans
En ek het reeds herhaaldelik
Gewaarsku daar’s ‘n kans
Dat ek jou hart gaan breek en jy
Alleen gaan agterbly
Maar jy sê jy’s nie bang nie en ek kan wegloop as ek wil
Jy wil my nie vang nie, so as ek hardloop staan jy stil
En jy sê jy is vuurbestand en steek dan uit jou hand
Toe ek dit vat toe voel ek vrede al is die wêreld aan die brand
So nou speel ek en jy die spel vir solank jy dit verduur
Maar ek het jou reeds gewaarsku, jy speel met vuur
Miskien is jy ‘n Meshach en miskien is jy net jy
En vuur maak jou nie bang nie, jy is in ligtelaaie vry
En miskien is jy net dapper of miskien is jy net blind
Ek is ‘n veldbrand in ‘n stormwind en jy is water
Maar jy sê jy’s nie bang nie en ek kan wegloop as ek wil
Jy wil my nie vang nie, so as ek hardloop staan jy stil
En jy sê jy is vuurbestand en steek dan uit jou hand
Toe ek dit vat toe voel ek vrede al is die wêreld aan die brand
So nou speel ek en jy die spel vir solank jy dit verduur
Maar ek het jou reeds gewaarsku… Jy speel met vuur
Jy speel met vuur … Sal jy die vlamme kan verduur…

Thanks! Share it with your friends!